StudentePlein bied netwerkgeleentheid vir Matie-koshuisleiers
- 4 September 2024
‘n Suksesvolle netwerkgeleentheid is op 13 Augustus deur StudentePlein van stapel gestuur, om verskillende rolspelers oor ‘n glasie wyn en pizza bymekaar te bring. Die Huiskomiteelede en ander leiers van die onderskeie Matie-koshuise, is genooi na hierdie gesellige samekoms op La Boucher Wynplaas.
Die doel van hierdie netwerkgeleentheid was om samewerking tussen StudentePlein en koshuisleiers wat Afrikaans goedgesind is te bevorder. Daar is gesels oor hoe ons kan hande vat om alternatiewe Afrikaanse geleenthede op Stellenbosch moontlik te maak, aangesien die universiteit dikwels geleenthede soos sokkies afkeur op grond van die bewering dat Afrikaanse musiek sekere individue uitsluit.
Hattingh van Dyk van Stellies Blue Bottle wat die geleentheid geborg het, is Afrikaans goedgesind en wil saam met StudentePlein hierdie geleenthede skep. Daar is met die studenteleiers gesels oor moontlike betrokkenheid in die toekoms in die vorm van borgskappe, spesiale aanbiedinge, ensovoorts. Ons het baie positiewe terugvoer na die netwerkgeleentheid ontvang:
Was só lekker gewees! Kannie wag om in die vervolg met julle te “collab” nie!
@Nemesia-Koshuis