StudentePlein is ‘n Afrikaanse metakampus wat infrastruktuur oprig en platforms skep vir akademiese-, sosiale-, en kulturele geleenthede in Afrikaans.

StudentePlein skerm ook vir bestaande geleenthede in Afrikaans, deur ons lede te help om die beste moontlike studie-ervaring in Afrikaans by reeds bestaande universiteite te geniet.

Ons gee praktiese uitvoering aan ons visie en standpunte op die volgende maniere:

    • Mobiliseer kapitaal vanuit die Afrikaanse gemeenskap om volhoubare platforms te bou waar akademiese en sosiale Afrikaans kan floreer.
    • Skenk persoonlike aandag aan elke lid: verseker dat elke lid die nodige hulpbronne en steun geniet om ‘n graad in Afrikaans te kan verwerf
    • Bring die Afrikaanse student binne die bereik van Afrikaans-vriendelike werkomgewings deur die fasilitering van internskappe, werkbeurse en werksgeleenthede binne ons netwerke
    • Plaas op strategiese plekke druk op universiteite om Afrikaanse aanbod opwaarts aan te pas, ter wille van tussentydse verligting
Samestelling en Befondsing

StudentePlein is ‘n vereniging sonder winsoogmerk. Alle skenkings aan StudentePlein word aangewend om ons waardeaanbod te versterk en geleenthede in Afrikaans vir ons lede te verbreed.

Vir skenkings meer as R50,000

#iguru_button_656948ff38274 .wgl_button_link { color: #2c2c2c; }#iguru_button_656948ff38274 .wgl_button_link:hover { color: #ffffff; }#iguru_button_656948ff38274 .wgl_button_link { border-color: #17323f; background-color: #ffffff; }#iguru_button_656948ff38274 .wgl_button_link:hover { border-color: #17323f; background-color: #17323f; }