
StudentePlein-hofsaak teen US 15 Augustus voor hof
- 18 Mei 2022
English follows Afrikaans.
Die hofsaak waarin StudentePlein en die DA die Hooggeregshof in Kaapstad vra om die Universiteit Stellenbosch (US) se besluit om met Afrikaanse onderrig oor twee jaar weg te doen, onwettig en ongrondwetlik te verklaar en die US te gelas om sy taalbeleid korrek te implementeer, kom op 15 Augustus 2022 in die Hooggeregshof voor.
StudentePlein het intussen ’n verdere repliserende eedsverklaring geliasseer (laai die verklaring hier af) in reaksie op die US se antwoordende eedsverklaring wat bloot ontken dat die universiteit fouteer het toe daar in 2020 en 2021 sonder enige behoorlike proses of agting vir Afrikaanse studente met Afrikaanse leermateriaal weggedoen is.
In StudentePlein se mees onlangse eedsverklaring word daarop gewys dat die US nie Afrikaanse studente in kennis gestel het of mee geraadpleeg het oor dié besluit om summier die Afrikaanse aanbod stop te sit nie, en dat die US nie eers sy eie interne gebeurlikheidsproses gevolg het vir wegdoenings met Afrikaanse onderrig nie. StudentePlein verwerp ook die US se argument dat kwessies rondom wegdoening met Afrikaanse onderrig tydens 2020 en 2021 “minimaal” en “onbeduidend” kon wees.
In die aanloop tot die hofdatum plaas StudentePlein verdere druk op die US om die Afrikaanse aanbod by die universiteit opwaarts aan te pas. In hierdie verband tree StudentePlein tans namens verskeie lede op en hanteer taalklagtes by die US namens hulle, ten einde ’n opwaartse aanpassing van die Afrikaanse aanbod in hul modules tot gevolg te bring.
Medianavrae:
Albertus Liebenberg
Direkteur: Ledediens en Regsaangeleenthede
albertus@studenteplein.co.za
StudentePlein court case against SU enrolled for 15 August
The court case in which StudentePlein and the DA is asking the Western Cape High Court in Cape Town to declare Stellenbosch University’s (SU) decision to do away with Afrikaans tuition over two years illegal and unconstitutional and to order SU to implement its language policy correctly, will appear before the High Court on 15 August 2022.
Meanwhile, StudentePlein has filed a replying affidavit (download the affidavit here) in response to SU’s answering affidavit in which they merely deny that the university erred when Afrikaans learning material was discarded in 2020 and 2021 without any proper process or respect for Afrikaans students’ rights.
StudentePlein’s most recent affidavit points out that SU did not inform or consult Afrikaans students about the decision to suspend the Afrikaans offering and that SU did not even follow its own internal contingency process for the disposal of Afrikaans education. StudentePlein also rejects SU’s argument that issues regarding the abolition of Afrikaans education during 2020 and 2021 could have been “minimal” and “insignificant”.
In the run-up to the court date and beyond, StudentePlein exerts further pressure on SU to adjust the Afrikaans offering at the university upwards. In this regard, StudentePlein is currently acting on behalf of various members and handling language complaints at SU on their behalf, to bring about an upward adjustment of the Afrikaans offering in their modules.
Media queries:
Albertus Liebenberg
Director: Member Services and Legal Affairs
albertus@studenteplein.co.za