StudentePlein pretdraf bevorder welstand en sosiale kohesie
- 23 Julie 2024
Suksesvolle eerste pretdraf, die begin van vele meer
Maandag oggend 20 Mei, het StudentePlein-lede die ergste eksamen stres afgeskud met ‘n vroegoggend pretdraf deur die strate van Stellenbosch. Daar word beplan om hierdie 5km pretdraf ‘n gereelde instelling te maak, want StudentePlein streef daarna om afgeronde, gesonde studente te help vorm, nie net deur intellektuele ondersteuning nie, maar ook deur die konsep van “‘n gesonde liggaam huisves ‘n gesonde gees”. Watter beter manier om deur middel van sportbeoefening, ín Afrikaans en ter wille van Afrikaans, mense saam te snoer en ‘n gevoel van samehorigheid en vertroue te skep.
Die deelnemers het die 5km maklik kafgedraf en die onderskeie mans- en dames wenner, is boonop beloon met iets vir die droë kele, geskenk deur Kwagga Boucher van La Boucher Wynplaas.