Ons storie en impak
Die span en storie agter StudentePlein
Ons Missie en Strategie
Ons bou 'n onafhanklike metakampus rondom Stellenbosch wat 'n aanvullende studentelewe met vrye sosiale bymekaarkoms, intellektuele geleenthede en akademiese ondersteuning in Afrikaans skep—nie deur teen verengelsing te veg nie, maar deur 'n lewensvatbare alternatief te innoveer.
Lees meerOns Impak
Oor die afgelope vyf jaar het ons met sorgvuldige rentmeesterskap miljoene rande aangewend om meer as 1500 studente te dien. Honderde studente trek jaarliks voordeel en vind gemeenskap by sosiale geleenthede, kry die akademiese ondersteuning wat hulle benodigd, en neem deel aan intellektuele aktiwiteite in Afrikaans. Ons debatsvereniging ding nasionaal teen universiteite soos UP, NWU en Akademia mee, met konsekwente top-drie vertonings in die afgelope jare.
Ons het 'n betroubare handelsmerk gebou wat vir studente en befondsers eweneens gerus stel. Vandag is StudentePlein die enigste organisasie met 'n voltydse, fisies teenwoordige en omvattende aanvullende waarde-aanbod vir Afrikaanse studente in Stellenbosch.
Waar dit begin het

Ons eerste kantoorruimte en bymekaarkomplek vir lede - Huis Lucy in Dorpstraat.
StudentePlein is in 2020 deur Tian Alberts, Ruan Goosen en Frederik van Dyk gestig. Die stigterslede is gevorm deur die ervaring van die universiteit se oorgang van tweetalig na feitlik uitsluitlik Engels. Hulle het op verskeie vlakke aan die "taalstryd" deelgeneem, met betrokkenheid by litigasie en aktivisme.
Met die afloop van hul studies, het hulle besef dat 'n lewensvatbare voertuig agtergelaat moes word om as 'n werklike alternatief te posisioneer. Vandag dien hulle steeds op die raad van 'n organisasie wat voort beur en aanhou groei.
Bestuur en Struktuur
StudentePlein word deur afgestudeerde oud-Maties gelei en funksioneer as 'n vrywillige vereniging sonder winsoogmerk, geïnkorporeer deur sy eie grondwet.

Tian Alberts
Nie-uitvoerende Direkteur en Stigter

Ruan Goosen
Nie-uitvoerende Direkteur en Stigter

Frederik van Dyk
Nie-uitvoerende Direkteur en Stigter
Rurik Göbel
Nie-uitvoerende Direkteur
Albertus Liebenberg
Nie-uitvoerende Direkteur
Operasionele Leierskap
Ons operasionele span van vyf onlangs afgestudeerde persone word gelei deur 'n toegewyde hoof wat die dag-tot-dag aktiwiteite van die organisasie bestuur.

Marlé-Zanne Barnard
Operasionele Hoof
Raad van Ringkoppe
Ons word ondersteun deur 'n informele adviesliggaam wat advies en netwerkondersteuning aan die raad bied en aansienlike ervaring bring in hoe om nie-winsgewende organisasies te skaal.
Gustav Bester
Voorsitter: Bex Group
Theo de Jager
Uitvoerende Hoof: SAAI
Piet le Roux
Uitvoerende Hoof: Sakeliga
Befondsing
StudentePlein word grootliks befonds deur trusts en individuele sakelui wat glo in ons missie om 'n lewensvatbare alternatief vir Afrikaanse studente te skep.
Word 'n befondser
Help om 'n lewenskragtige Afrikaanse studentelewe op Stellenbosch te skaal. Jou ondersteuning maak 'n werklike verskil.