StudentePlein
Ons Strategie & Missie
Van taalstryd na die bou van 'n alternatiewe studentelewe

Die Uitdagings
Die Universiteit Stellenbosch se onderrig is nou oorwegend in Engels, met 'n gestandaardiseerde, gereguleerde studentelewe. Baie studente verlang na meer organiese gemeenskapsgevoel en die geleentheid om tradisies in hul eie taal te beoefen. Terselfdertyd bly daar 'n sterk behoefte aan Afrikaanse akademiese blootstelling, veral vir loopbane in landbou, finansiële dienste, regspraktyk, vervaardiging en tegnologie, waar Afrikaans premie geniet.

Ons Strategie: Die Metakampus-model
StudentePlein bied 'n konstruktiewe alternatief. Ons bou 'n aanvullende studentelewe uit met vrye sosiale bymekaarkoms en buite-kurrikulêre intellektuele geleenthede. Op die akademiese front kombineer ons top technologie met in-persoon gefasiliteerde studie-omgewings vir 'n aanvullende Afrikaanse stroom.
Ons innoveer en pas aan by 'n veranderende omgewing eerder as om bloot daarteen te skop. Die verengelsing van Maties vergroot ons teikenmark. Dit maak die geleentheid meer aantreklik, nie minder nie. Ons vooruitsigte hang nie af van wat die universiteit besluit nie.
Hoe die Metakampus Werk
Jy kan nie 'n multimiljardrand-instelling oornag verander nie. Maar jy hoef ook nie.
Ons organiseer rondom die bestaande universiteit en benut sy sterktepunte. Dit lok tog reeds top-studente. Ons voeg by wat ontbreek.
Die krag: StudentePlein is 'n onafhanklike regsentiteit. Studente kies vrywillig om aan te sluit—niemand kan hulle keer nie. Ons begin klein, toets wat werk, en skaal wat suksesvol is. 'N Suksesvolle metakampus sal oor tyd kan ontwikkel na iets meer met eie fasiliteite, van gehuurde persele na permanente akkommodasie as ankerpunte vir gemeenskap en akademiese ondersteuning. Elke fase bou op bewese vordering.
Van Taalstryd na Metakampus
Tussen 2015 en 2019 het verskeie organisasies deur hofsake en aktivisme probeer om verengelsing te stuit. Studente het hulself spontaan georganiseer, maar sonder sentrale koördinasie. Die Konstitusionele Hof se uitspraak in 2019 het die doodsklokke vir Afrikaans op Stellenbosch gelui. Die formele kanale was uitgeput—dit was tyd vir 'n nuwe benadering.
In 2020 is StudentePlein met R100,000 opgerig, om die alternatief te word. Vandag het ons 1500+ lede, eie akademiese platforms, 'n sterk debatsvereniging, en meer. Ons het van protes na platform verskuif—van weerstand na die skep van 'n volwaardige alternatief wat groei, skaal.
Die Volgende Vyf Jaar
Ons visie vir die volgende fase fokus op drie sleutelareas:
1. Alternatiewe Studentelewe
Groter groepe neem aan alternatiewe studentelewe deel, met fisiese koshuisruimtes as die ankerpunt.
2. Akademiese Ondersteuning
Gefokusde, goed georganiseerde tegnologie- en in-persoon platforms vir akademiese ondersteuning en verryking op skaal.
3. Volhoubare Impak
'n Goed befondse organisasie met 'n sterk operasionele span wat 'n groot impak op skaal maak.
Die alternatiewe studentelewe vind uitdrukking in vrye sosiale bymekaarkoms en buite-kurrikulêre intellektuele geleenthede. Ons bou 'n metakampus-model uit wat in die volgende vyf jaar behoorlik gestalte sal kry in die vorm van vrye koshuise.

Word deel van die beweging
Help om 'n lewenskragtige Afrikaanse studentelewe op Stellenbosch te skaal. Jou ondersteuning maak 'n werklike verskil.