Akademie
Ons bied 'n akademiese vangnet vir Afrikaanse studente met in-persoon studiehulp en moderne tegnologie-oplossings.
Ons is die tuiste vir meer as 'n duisend studente wat meer as net 'n graad wil kry.
Terwyl die omgewing verengels en gestandaardiseer het, het ons geskep wat ontbreek: 'n ruimte waar meer as 1500 studente tradisie, gemeenskap en akademiese uitnemendheid in hul eie taal nastreef. Ons is nie 'n studenteklub of 'n plan nie—ons is 'n voltydse, bewese alternatief wat momentum bou.
Ons kan nie alle uitdagings vir studente oplos nie, maar ons fokus op kernbestanddele van die unversiteitservaring.
Ons bied 'n akademiese vangnet vir Afrikaanse studente met in-persoon studiehulp en moderne tegnologie-oplossings.
Vrye, Afrikaanse sosiale, intellektuele en leierskapsgeleenthede, onafhanklik van die universiteit
Met 'n klein span, goeie tegnologie-oplossings en toegewyde individue wat passievol is oor gemeenskapsbou en die uitbreiding van Afrikaanse geleenthede, bestuur ons slegs projekte met hoë impak per rand.
Intellektuele groei in moedertaal
Vrye sosiale geleenthede in Afrikaans
Bly op hoogte met ons nuutste artikels en opdaterings
Pen en Podium is ’n geskrewe debatskompetisie wat Britse parlementêre debat met joernalistieke meningsvorming kombineer. Spanne bou oor drie weke ’n samehangende debat deur hul argumente en weerleggings op OntLaer te publiseer, terwyl hulle hul kritiese denke, navorsing en skryfvaardighede ontwikkel.
StudentePlein se debatteerders het op 15 Augustus teen Dagbreek meegeding om hul argumentasie, navorsing en retoriese vaardighede te slyp. Die kompetisie vorm deel van StudentePlein se groter strewe om ’n volhoubare Afrikaanse debatkultuur in Stellenbosch te vestig en studente die geleentheid te bied om in hul moedertaal te dink, debatteer en groei.
StudentePlein se eerste mededingende padeltoernooi het 16 spanne en talle toeskouers bymekaargebring vir ’n aand van sterk kompetisie. Ná die toernooi het die aksie na die dansvloer verskuif vir ’n sokkie, wat die aand afgesluit het as ’n suksesvolle viering van Afrikaanse studentelewe, gemeenskap en saamkuier.
Met honderd rand of meer 'n maand kan jy ons impak versterk en ons reikwydte vergroot. Help ons om meer en beter te doen.