Terug na Artikels
StudentePlein OpSkop! Sokkie 0.3: ‘n Onvergeetlike viering van die Afrikaanse taal en kultuur
NuusImpak

StudentePlein OpSkop! Sokkie 0.3: ‘n Onvergeetlike viering van die Afrikaanse taal en kultuur

Webblad Outeur20 September 20241 min lees

Die toenemende behoefte om in Afrikaans op Matie-kampus te kan sosialiseer, het gekulmineer in uitverkoopte sokkie die aand van 19 September 2024 op La Boucher Wynplaas.

Hierdie langverwagte Afrikaanse sokkie van StudentePlein het alle verwagtinge oortref met ’n 100% kaartjieverkope – reeds dae voor die tyd. StudentePlein is met navrae vir nog moontlike kaartjies oorval. StudentePlein het ook twee groot gelukkige trekkings in aanloop tot die funksie gehou, om ’n aantal sokkiegangers met gratis kaartjies en bederf-pakke van Stellies Blue Bottle Drankwinkel te bederf.

Die groot trekpleister van die aand, die gewilde Afrikaanse sanger Riaan Benadé se vertoning, is voorafgegaan met ’n “opwarm-konsert” deur onder andere Sewevoet, of te wel Juan-Paul Rossouw, ’n Afrikaanse Folk Rock kunstenaar. Konsertgangers het in die ontspanningsarea en buite op piekniek-komberse gekuier en lekker geëet. Daar is op die grasperk en voor die verhoog gesokkie.

Die “afkoel-konsert” deur GSTRiNG, ’n unieke groep Afrikaanse studente met ’n magdom musikaliteit, het vir die perfekte afsluiting van ’n sosiale hoogtepunt op die StudentePlein kalender gesorg. Dit was veel meer as net ’n sokkie, dit was ’n fees ín Afrikaans – vír Afrikaans.

Deel hierdie artikel

Ondersteun ons werk

Help ons om meer meer en beter te doen.