Terug na Artikels
StudentePlein-spanne dink flink in debatkompetisie
ImpakNuus

StudentePlein wen Dink-of-Sink debatkompetisie 2024

Webblad Outeur15 May 20242 min lees

StudentePlein wen woorde-wedloop in Dink-of-Sink Debatuitdunrondtes

Altesaam 12 universiteitstudente van die US, het op 11 Mei 2024 aan die interne Dink-of-Sink Onvoorbereide Debatuitdunrondte deelgeneem. Die geleentheid, wat aangebied is deur StudentePlein, het op 'n Saterdagoggend by Die Khaya, langs die Kruiskerk, plaasgevind. 'n Span van Dagbreek Manskoshuis en twee StudentePlein-spanne het mekaar die stryd aangesê in 'n opwindende woorde-wedloop en intellektuele uitdaging. Dié geleentheid volg op 'n oefenrondte wat ter voorbereiding, op 27 April tydens 'n Interkoshuisdebat by Dagbreek Koshuis aangebied is.

Deur StudentePlein se betrokkenheid by hierdie debatkompetisie, bemagtig ons studente om in Afrikaans te debatteer en die vaardigheid van debat te bemeester – iets wat hulle in die toekoms sal baat wanneer hulle die werksplek betree.

"Die studente het waarlik hul staal gewys en vir 'n goeie kompetisie gesorg. Hulle het met goed geformuleerde argumente en selfvertroue die kompetisie aangepak. Dit is ongelooflik om te sien hoe die studente goed gestaafde argumente met relevante bronne binne 'n uur voorberei het," sê Nicolene Müller, AfriForum se projekkoördineerder vir onderwys.

Na 'n oggend van uitmuntende redevoering, het die StudentePlein1-span as oorwinnaars uit die stryd getree. StudentePlein 1 se Naudé Lourens, Neelsie van Dyk, Ignus Ferreira en Righardt Pretorius is as die "grootste grootpraters" aangewys, terwyl StudentePlein 2 se Megan Jones, Megan Kruger, Isabella Burgers en Simoné Shirley as die naaswenners aangewys is. Die wenspan dring deur na die nasionale eindstryd in Pretoria, later vanjaar, waar hulle groot skoene sal moet volstaan, want in 2023 is die StudentePlein-span as die algehele Nasionale wenners aangewys.

Deel hierdie artikel

Ondersteun ons werk

Help ons om meer meer en beter te doen.