Terug na Artikels
Taalmonument moet in gemeenskapshande val – StudentePlein
Mediaverklaring

Taalmonument moet deur gemeenskap bestuur word

Webblad Outeur28 May 20221 min lees

Foto-outeursreg: John Kennekam

Die welkome teëstand en debat wat onlangs ontketen is in reaksie op Minister Nathi Mthetwa en sy departement se voorneme om die Afrikaanse Taalmuseum en –monument (ATM) se naam te verander, werp lig op meer vername probleme as ‘n moontlike naamsverandering van die ATM. ‘n Naamsverandering moet afgeweer word, maar die ATM sal aan allerlei sentrale staatsingryping blootgestel bly tensy oplossings gevind word in gedensetraliseerde en gemeenskapsgebaseerde bestuur deur Afrikaanssprekers.

Soos met die behoud van Afrikaanse leermateriaal en steundienste aan Afrikaanse studente by staatsuniversiteite, wat ‘n belangrike maar tussentydse deel uitmaak van StudentePlein se waardeaanbod, sal ‘n tydelike afweer van nasionale regeringsinmenging by die ATM bloot in die aanloop moet lê van privaat en gemeenskapsgebaseerde oplossings.

Die sigbare erkenning wat die Afrikaanse Taalmonument bied, ook as ’n uitvloeisel van ons missie op Stellenbosch om ’n volhoubare, lewenskragtige plek vir akademiese Afrikaans los te stoei, is vir StudentePlein belangrik. Ons stuur daarom vandag ook lede na die ATM om aan te sluit by protesoptredes wat daar sal plaasvind.

Deel hierdie artikel

Ondersteun ons werk

Help ons om meer meer en beter te doen.