Terug na Artikels
StudentePlein-tutorstelsel begin vrugte afwerp
Impak

StudentePlein-tutors verbeter studente se uitslae

Webblad Outeur27 April 20242 min lees

Lede wat via StudentePlein in Afrikaans studeer rapporteer verbeterde uitslae

StudentePlein se tutorstelsel, alhoewel nog in ontwikkelingsfase, toon reeds belowende uitkomstes.

Twee studente, wat toegestem het tot die bekendmaking van hul uitslae, dien as voorbeeld van wat vermag kan word met Afrikaanse studiehulp gebied deur ‘n privaatorganisasie soos StudentePlein.

Geval 1

‘n Lid wat geworstel het met Finansiële Rekeningkunde het by StudentePlein aangeklop vir studiehulp in Afrikaans. StudentePlein het hom by twee tutors geplaas en hy moes sy spesifieke behoeftes aan elkeen verduidelik, waarna hy 'n keuse kon maak op grond van watter tutor sy leerstyl baat. Die tutor het teiken-areas vir verbetering geïdentifiseer, die module-inhoud stelselmatig oorgedra en selfdoen aktiwiteite voorgeskryf. Voor die eksamen is 'n toetsvoorbereidingsessie onderneem, waarin die lid en tutor saam vraestelle deurgewerk het. Die lid kon derhalwesy FinRek-punte vanaf 42% tot 62.5% verbeter.

Geval 2

In die geval van ‘n ander lid is haar punte van 55% tot 64% verbeter.

Addisionele impak

Videoreekse

StudentePlein se Afrikaanse akademiese kursus-video's is van hoë gehalte en word in ‘n volledig toegeruste ateljee op ons perseel opgeneem. Die aanbieders van die video’s is goedgekeurde tutors, uitgesoekte presteerders, voormalige en huidige akademici en kenners op hul gebiede. Die aanbieders berei kursusinhoud voor en verduidelik die inhoud aan die hand van visuele beelde en/of PowerPoint-skyfies aan die kykers.

Blitskursuse vir loopbaanbevordering

As deel van StudentePlein se missie om afgeronde Afrikaans-afgestudeerdes op te lewer word blitskursusse in Afrikaans aangebied wat met loopbaanbevordering verband hou. StudentePlein se Blitskursus-insiatief is ‘n reeks video’s wat toegespits is op meer praktiese vaardighede met die oog op sukses na afloop van studies. Die video’s dek onderwerpe soos die opstel van ‘n CV, die opstel van ’n dekbrief, die belang van mark- en maatskappynavorsing en hoe om vir ’n werksonderhoud voor te berei.

Deel hierdie artikel

Ondersteun ons werk

Help ons om meer meer en beter te doen.