Pleinraad
Ons leierskapstruktuur vir studente
Verwante Artikels
PleinRaad se vier fokusrade begin amptelik
PleinRaad se eerste leierskorps het op 24 Julie byeengekom om vier fokusrade bekend te stel. Die Akademie-, Media-, Sosiale en Debatraad vorm die nuwe leierskapstruktuur vir Afrikaanse studente op Stellenbosch.
2025-07-28
PleinRaad: Nuwe Afrikaanse studenteleierskorps
StudentePlein stel die PleinRaad-leierskorps bekend met vier fokusareas: akademie, media, sosiale aktiwiteite en debat. Die projek skep geleenthede vir Afrikaanse studente om binne ondersteunende netwerke leiding te neem.
2025-04-30
Leierskap van Onder na Bo
PleinRaad is onlangs geloods – 'n gestruktureerde leierskapsraamwerk wat talentvolle studente by die organisasie se werksaamhede betrek en momentum van onder na bo bou.
Die doel is tweeledig:
1. Betrek StudentePlein-lede by die uitbou van oplossings
Talentvolle studente kry die geleentheid om self projekte te dryf, spanne saam te stel en 'n impak te maak.
2. Bied 'n platform vir Afrikaanse studente om leiers te wees
'n Struktuur wat pro-Afrikaans, pro-tradisie en pro-meriete is – teenoor universiteitstrukture soos huiskomitees en die studenteraad wat oorwegend anti-Afrikaans, anti-tradisie en anti-meriete word.
Vier Rade, Vier Fokusareas
PleinRaad funksioneer as 'n vierledige leierskorps:
Akademiese Raad
Verskaf mentorskap en akademiese ondersteuning. Bou voort op bestaande strukture soos die tutorstelsel.
Mediaraad
Fokus op die visuele identiteit en narratief van StudentePlein deur inhoudskepping, sosiale media en veldtogte.
Sosiale Raad
Reël en koördineer Afrikaanse sosiale byeenkomste, sokkies en kultuuraktiwiteite wat ruimtes skep vir gemeenskapsvorming.
Debatraad
Bevorder intellektuele gesprek en taalgebruik deur debatkompetisies, gesprekreekse en openbare forums.
Elke raad word gelei deur 'n studenteleier wat deur mentorskap, opleiding en toegang tot hulpbronne bemagtig word.
Wees deel van die verandering
Jou ondersteuning maak 'n werklike verskil. Word 'n skenker sodat ons meer en beter kan doen