Vrye, Afrikaanse Studentelewe op Stellenbosch

Ons is die tuiste vir meer as 'n duisend studente wat meer as net 'n graad wil kry.

Studenteplein community
5
Jaar
van bewese impak
1500+
studente
Sedert 2020

'n Gevestigde sosiale en intellektuele alternatief vir studente — in Afrikaans.

Terwyl die omgewing verengels en gestandaardiseer het, het ons geskep wat ontbreek: 'n ruimte waar meer as 1500 studente tradisie, gemeenskap en akademiese uitnemendheid in hul eie taal nastreef. Ons is nie 'n studenteklub of 'n plan nie—ons is 'n voltydse, bewese alternatief wat momentum bou.

100% Afrikaans

Waarop ons fokus

Ons kan nie alle uitdagings vir studente oplos nie, maar ons fokus op kernbestanddele van die unversiteitservaring.

tutor-sessie

Akademie

Ons bied 'n akademiese vangnet vir Afrikaanse studente met in-persoon studiehulp en moderne tegnologie-oplossings.

Studente in kring by sokkie

Studentelewe

Vrye, Afrikaanse sosiale, intellektuele en leierskapsgeleenthede, onafhanklik van die universiteit

Ons Projekte

Met 'n klein span, goeie tegnologie-oplossings en toegewyde individue wat passievol is oor gemeenskapsbou en die uitbreiding van Afrikaanse geleenthede, bestuur ons slegs projekte met hoë impak per rand.

Debat

Debat

Intellektuele groei in moedertaal

LeerNet KI

LeerNet KI

Persoonlike studiehulp

Persoonlike studiehulp

Sosiale hergenerering

Sosiale hergenerering

Vrye sosiale geleenthede in Afrikaans

Nuutste Nuus

Bly op hoogte met ons nuutste artikels en opdaterings

Pizza, wyn en planne: PleinRaad-leierskorps skop met energie en visie af
NuusImpak

PleinRaad se vier fokusrade begin amptelik

PleinRaad se eerste leierskorps het op 24 Julie byeengekom om vier fokusrade bekend te stel. Die Akademie-, Media-, Sosiale en Debatraad vorm die nuwe leierskapstruktuur vir Afrikaanse studente op Stellenbosch.

28 Julie 20253 min lees
Lees meer
Drie StudentePlein-spanne in top vyf – derde opeenvolgende Dink-of-Sink-titel vir StudentePlein
NuusImpak

StudentePlein wen Dink-of-Sink vir derde jaar in 'n ry

StudentePlein het vir die derde agtereenvolgende jaar die nasionale Dink-of-Sink-debatkompetisie gewen. Drie spanne het die top vyf gehaal, met 'n historiese alles-Stellenbosch-finale tussen StudentePlein se twee topspanne.

22 Julie 20255 min lees
Lees meer
Eerste semester eindig met dans, sport en saamwees – twee suksesvolle sosiale geleenthede op 29 April 2025
Impak

200 Studente by StudentePlein Sokkie en Padel

Tweehonderd studente het op 29 April by StudentePlein se sokkie op Tygerberg en padelaand in Stellenbosch saamgekuier. Die geleenthede het studente voor eksamens kans gegee om te ontspan en nuwe bande te smee.

28 Mei 20252 min lees
Lees meer

Dra by tot ons sukses

Met honderd rand of meer 'n maand kan jy ons impak versterk en ons reikwydte vergroot. Help ons om meer en beter te doen.