Fokusgebied
Akademie
Ons bied 'n akademiese vangnet vir Afrikaanse studente met in-persoon studiehulp en moderne tegnologie-oplossings.
Verwante projekte
Die Akademiese Werklikheid
Klasse op Stellenbosch is Engels. Tog bly daar 'n sterk behoefte aan Afrikaanse akademiese blootstelling, veral vir studente wat loopbane in landbou, finansiële dienste, regspraktyk, vervaardiging en tegnologie-ondernemings beoog, waar Afrikaans steeds 'n premie dra.
'n Volledig alternatiewe akademiese stroom is nie haalbaar nie. Maar 'n aanvullende stroom met geteikende impak is.
Ons oplossing en strategie
Moderne kunsmatige intelligensie stel ons in staat om studente wat aanvullend in Afrikaans wil studeer, 'n buitengewone voordeel te bied.
Tegnologie + Fasilitering: Ons kombineer KI-gedrewe leeroplossings met in-persoon gefasiliteerde studiehulp.
Van klein tot skaal: Wat begin as gefokusde ondersteuning kan groei na goed georganiseerde platforms vir akademiese verryking in grootmaat, geanker in ons samewerking met akademici.
Nuutste oor Akademie
Lees meer oor hierdie fokusgebied
LeerNet KI: Afrikaanse KI-platform vir studente
StudentePlein het LeerNet KI bekendgestel – die eerste Afrikaanse kunsmatige intelligensie-platform vir studente. Die platform vertaal Engelse studiemateriaal en beantwoord vrae in Afrikaans.
StudentePlein-tutors verbeter studente se uitslae
StudentePlein se tutorstelsel toon belowende resultate met studente wat hul punte aansienlik verbeter. Een lid het sy Finansiële Rekeningkunde-punt van 42% na 62.5% verbeter, terwyl 'n ander van 55% na 64% gevorder het.
Wees deel van die verandering
Jou ondersteuning maak 'n werklike verskil. Word 'n skenker sodat ons meer en beter kan doen.