Fokusgebied

Studentelewe

Vrye, Afrikaanse sosiale, intellektuele en leierskapsgeleenthede, onafhanklik van die universiteit

Opskop 3 Donker Verhoog (2024)

Verwante projekte

Studente in kring by sokkie

Kulturele Oordrag onder Beleg

Die universiteitservaring is veel meer as net die verkryging van 'n graad. Universiteite is veronderstel om voertuie van kulturele oordrag te wees – om afgeronde, kultureel-gesinde studente op te lewer.

Dit behels op die heel minste: om jou moedertaal in sosiale omgewings te kan gebruik, vrye assosiasie te geniet, en 'n gesonde mate van selfbestuur te hê om tradisie en uniekheid na te streef.

Die teenoorgestelde het in die laaste jare in Stellenbosch ontvou.

Studentegemeenskappe word deur amptenare as 'n institusionele kenmerk beskou wat bestuur, gereguleer en "in lyn gebring" moet word met 'n korporatiewe visie. "Problematiese" verskynsels kan eenvoudig nie geduld word nie. Die ruimte vir vrye assosiasie en organiese nastrewing van sosiale verbindings in die taal van keuse word beperk.

Ons strategie in aksie

Ons oplossing hang nie daarvan af om 'n multimiljardrand-instelling te dwing om sy weë te verander nie.

Vrye, Sosiale Bymekaarkoms

Ons bied die platform, die middele en die ondersteuning vir studente om hul eie sosiale omgewings op en buite kampus te skep – volgens die tradisies wat hulle na aan die hart dra.

Ons "beplan" nie hoe studente moet optree nie. Deur selforganisasie moontlik te maak, het studente weereens bewys hulle is kreatief in die bou van hul eie vrye, tradisieryke sosiale gemeenskappe.

Intellektuele Afronding

Studentelewe behels ook intellektuele afronding en leierskapsontwikkeling.

Gehalte studente beskik oor die vermoë om mekaar intellektueel uit te daag, solank dit nie kunsmatig "gereguleer" word nie. Ons voorsien die stimulasie, middele en ondersteuning vir 'n alternatiewe intellektuele gemeenskap, vry van amptenare se planne vir wat aanvaarbaar is of nie.

Vrye studente bou vrye gemeenskappe. Ons maak dit moontlik.

Debat aksiefoto 2024

Nuutste oor Studentelewe

Lees meer oor hierdie fokusgebied

200 Studente by StudentePlein Sokkie en Padel

200 Studente by StudentePlein Sokkie en Padel

Tweehonderd studente het op 29 April by StudentePlein se sokkie op Tygerberg en padelaand in Stellenbosch saamgekuier. Die geleenthede het studente voor eksamens kans gegee om te ontspan en nuwe bande te smee.

28 Mei 20252 min lees
Lees meer
StudentePlein begin 2025 met sosiale geleenthede

StudentePlein begin 2025 met sosiale geleenthede

StudentePlein het 2025 afgeskop met 'n padeltoernooi vir agt koshuise, 'n Valentynssokkie vir 300 studente en 'n raakrugbytoernooi by Middelvlei. Die Afrikaanse sosiale geleenthede was 'n reuse sukses.

24 Februarie 20252 min lees
Lees meer
Private koshuisalternatiewe ná Wilgenhof-sluiting

Private koshuisalternatiewe ná Wilgenhof-sluiting

Die Universiteit Stellenbosch beplan om Wilgenhof-manskoshuis te sluit as deel van 'n breër herstrukturering van koshuislewe. StudentePlein reageer met planne vir private alternatiewe wat studente se vryheid en tradisies sal bewaar.

13 Junie 20242 min lees
Lees meer
PleinRaad: Nuwe Afrikaanse studenteleierskorps

PleinRaad: Nuwe Afrikaanse studenteleierskorps

StudentePlein stel die PleinRaad-leierskorps bekend met vier fokusareas: akademie, media, sosiale aktiwiteite en debat. Die projek skep geleenthede vir Afrikaanse studente om binne ondersteunende netwerke leiding te neem.

30 April 20252 min lees
Lees meer
PleinRaad se vier fokusrade begin amptelik

PleinRaad se vier fokusrade begin amptelik

PleinRaad se eerste leierskorps het op 24 Julie byeengekom om vier fokusrade bekend te stel. Die Akademie-, Media-, Sosiale en Debatraad vorm die nuwe leierskapstruktuur vir Afrikaanse studente op Stellenbosch.

28 Julie 20253 min lees
Lees meer
OpSkop Sokkie uitverkoop met Riaan Benadé

OpSkop Sokkie uitverkoop met Riaan Benadé

StudentePlein se OpSkop Sokkie met Riaan Benadé het uitverkoop en alle verwagtinge oortref. Honderde studente het op La Boucher Wynplaas saamgekuier vir 'n aand van Afrikaanse musiek en kultuur.

20 September 20241 min lees
Lees meer

Wees deel van die verandering

Jou ondersteuning maak 'n werklike verskil. Word 'n skenker sodat ons meer en beter kan doen.