Debat
Intellektuele groei in moedertaal
Verwante Artikels
Afrikaanse debat leef op Stellenbosch: StudentePlein-spanne slyp hul debatvaardighede
StudentePlein se debatteerders het op 15 Augustus teen Dagbreek meegeding om hul argumentasie, navorsing en retoriese vaardighede te slyp. Die kompetisie vorm deel van StudentePlein se groter strewe om ’n volhoubare Afrikaanse debatkultuur in Stellenbosch te vestig en studente die geleentheid te bied om in hul moedertaal te dink, debatteer en groei.
2026-08-18
StudentePlein se debatvereniging bereik nuwe hoogtes
StudentePlein se debatvereniging bied aan studente ’n ruimte waar hulle hul argumentasievaardighede, kritiese denke en openbare spreekvermoë in Afrikaans kan ontwikkel.
2026-06-18
StudentePlein-debatteerders maak hul merk op nasionale verhoog
StudentePlein se debatvereniging vaar, soos oudergewoonte, goed by AfriForum se nasionale Dink-of-Sink-kompetisie.
2026-06-18
Beste in die land in Afrikaans
Toe Stellenbosch geweier het om Afrikaanse spanne na nasionale kompetisies te stuur, was die keuse eenvoudig: aanvaar dit, of skep 'n alternatief. Ons het die alternatief geskep.
Die resultaat? Nasionale oorwinnings en top drie vertonings in die laaste paar jaar teen universiteite soos NWU, UP en Akademia. Vandag is StudentePlein se Debatvereniging die sterkste Afrikaanse debatspan in die land op universiteitsvlak.
Wat ons gebou het:
→ Ervare afrigters wat studente help om skerp te dink en oortuigend te argumenteer
→ Oefensessies waar idees getoets word
→ Vermoë om aan ons spanne nasionale blootstelling te gee
→ 'n Rekord van bewese sukses op nasionale verhoog
Die wenners en naaswenners van die nasionale Dink of Sink 2025 – beide spanne van StudentePlein.
Vrye intellektuele hub in Afrikaans
Die debatvereniging is die begin, nie die eindpunt nie.
Ons bou 'n intellektuele hub waar Afrikaanse studente kan dink, debatteer en groei sonder die polities gelaaide, slegs Engelssprekende ruimtes wat op kampus beskikbaar is.
Ons visie:
→ Gereelde byeenkomste met akademici en sakeleiers wat Afrikaans ernstig opneem
→ 'n Netwerk waarbinne die volgende generasie Afrikaanse denkers gevorm word
→ Invloed in sakegemeenskappe, universiteite en ander lewensgebiede
Dit is 'n belegging in Afrikaanse intellektuele leierskap, vandag en vir die volgende generasie.
Wees deel van die verandering
Jou ondersteuning maak 'n werklike verskil. Word 'n skenker sodat ons meer en beter kan doen