Debat
Intellektuele groei in moedertaal
Verwante Artikels
StudentePlein wen Dink-of-Sink vir derde jaar in 'n ry
StudentePlein het vir die derde agtereenvolgende jaar die nasionale Dink-of-Sink-debatkompetisie gewen. Drie spanne het die top vyf gehaal, met 'n historiese alles-Stellenbosch-finale tussen StudentePlein se twee topspanne.
2025-07-22
StudentePlein wen Dink of Sink vir tweede jaar in 'n ry
StudentePlein se debatspan het die nasionale Dink of Sink-debatkompetisie vir die tweede agtereenvolgende jaar gewen. Die span het NWU in die finale rondte by Akademia se Centurion-kampus geklop.
2024-09-28
StudentePlein wen nasionale Dink-of-Sink debatkompetisie
StudentePlein se debatspan het AfriForum se jaarlikse Dink-of-Sink onvoorbereide debatkompetisie vir universiteitstudente gewen. Die span het Noordwes-Universiteit in die finale rondte van die landswye kompetisie geklop.
2023-10-21
Beste in die land in Afrikaans
Toe Stellenbosch geweier het om Afrikaanse spanne na nasionale kompetisies te stuur, was die keuse eenvoudig: aanvaar dit, of skep 'n alternatief. Ons het die alternatief geskep.
Die resultaat? Nasionale oorwinnings en top drie vertonings in die laaste paar jaar teen universiteite soos NWU, UP en Akademia. Vandag is StudentePlein se Debatvereniging die sterkste Afrikaanse in die land op universiteitsvlak.
Wat ons gebou het:
→ Ervare afrigters wat studente help om skerp te dink en oortuigend te argumenteer
→ Oefensessies waar idees getoets word
→ Vermoë om aan ons spanne nasionale blootstelling te gee
→ 'n Rekord van bewese sukses op nasionale verhoog
Die wenners en naaswenners van die nasionale Dink of Sink 2025 -- beide spanne van StudentePlein.
Vrye intellektuele hub in Afrikaans
Die debatvereniging is die begin, nie die eindpunt nie.
Ons bou 'n intellektuele hub waar Afrikaanse studente kan dink, debatteer en groei sonder die polities gelaaide, slegs Engelssprekende ruimtes wat op kampus beskikbaar is.
Ons visie:
→ Gereelde byeenkomste met akademici en sakeleiers wat Afrikaans ernstig opneem
→ 'n Netwerk waarbinne die volgende generasie Afrikaanse denkers gevorm word
→ Invloed in sakegemeenskappe, universiteite en ander lewensgebiede
Dit is 'n belegging in Afrikaanse intellektuele leierskap, vandag en vir die volgende generasie.
Wees deel van die verandering
Jou ondersteuning maak 'n werklike verskil. Word 'n skenker sodat ons meer en beter kan doen