LeerNet KI
Eie kunsmatige-intelligensieplatform

Die Eerste Afrikaanse KI-Platform vir studies
In 'n wêreld waar Engels die klaskamer domineer, is dit nie genoeg om net Afrikaanse handboeke te hê nie. Afrikaanse studente benodig 'n buitengewone voordeel.
Ons het dit gebou.
LeerNet KI is 'n pasgemaakte kunsmatige intelligensieproduk wat studente in staat stel om in Afrikaans te leer, selfs wanneer die onderliggende leermateriaal in Engels is. Die beperking is nie meer die taal van die handboek nie.
Hoe dit werk:
Ons KI-platform gebruik Engelse handboeke en notas, maar praat in Afrikaans. Studente kan binne sekondes proefeksamens, opsommings en breinkaarte skep. Alles in Afrikaans.
Die produk is in 'n proeffase, ondersteun deur R300 000 in saadkapitaal van 'n weldoener wat die visie verstaan.

Tegnologiese Aktivisme wat Werk
Hoe bou 'n klein organisasie sy eie KI-produk?
Ons gebruik nie duur kontrakteurs nie. Ons gebruik jong ontwikkelaars wat 'n verskil wil maak. Vrywilligers wat glo in 'n tegnologiese voordeel vir Afrikaans en bereid is om daarvoor te bou.
Die resultaat: bedryfstandaard produkte teen minimale koste.
Dit is tegnologiese aktivisme. Reg gedoen. Om die regte redes. Op die regte tyd.
Wees deel van die verandering
Jou ondersteuning maak 'n werklike verskil. Word 'n skenker sodat ons meer en beter kan doen