Akademie

LeerPlein

Bedryfstandaard aanlynleerplatform

Ons eie aanlynleerplatform in Afrikaans

Van die begin af was dit duidelik: ons moes 'n gestruktureerde, tegnologies gevorderde platform hê om Afrikaanse studiemateriaal te versprei. Een biblioteek vir die meeste van die oorblywende Afrikaanse studiemateriaal. Skaal wat verlore geraak het.

LeerPlein is in 2023 gebore om hierdie doel te dien.

Vandag verskaf dit akademiese ondersteuningsmateriaal aan Afrikaanse studente in meer as tagtig modules wat deur die universiteit aangebied word. Studiemateriaal, ou eksamenvraestelle en handboeke. Alles in een plek.

Teen die einde van 2024 het die afname in Afrikaanse notas en handboeke ons gedwing om die oplossing te heroorweeg. LeerPlein word nou stelselmatig vervang met iets meer toekomsbestand: LeerNet KI (lees meer hier).

Swot - Leerplein (2025)

Meer as 500 studente kon oor die afgelope jare baat by LeerPlein se biblioteek van Afrikaanse leermateriaal.

Die impak

LeerPlein het 'n belangrike buffer gebied vir studente wat voor die keuse staan tussen volledig in Engels studeer, of in Afrikaans én Engels kan studeer.

Aangesien die aanbod van studiemateriaal en lesinginhoud in Afrikaans byna heeltemal afgeneem het, het studente wat steeds hul keuse om in Afrikaans te studeer wil behou, ondersteuning benodig.

LeerPlein het hierdie ondersteuning die afgelope paar jaar aan meer as 500 studente gebied.

Wees deel van die verandering

Jou ondersteuning maak 'n werklike verskil. Word 'n skenker sodat ons meer en beter kan doen