Sosiale hergenerering
Vrye sosiale geleenthede in Afrikaans
Ons herwin die verlore sosiale instellings van Stellenbosch
Daar is 'n probleem in Stellenbosch. Sosiale interaksies tussen studente het geforseerd en onnatuurlik geword, afgesny van kultuur en tradisie. In uiterste gevalle is studente verbied om Afrikaans in sosiale omgewings te praat.
StudentePlein skep die ruimtes, fasiliteite en geleenthede vir vrye, tradisieryke sosiale interaksies. In Afrikaans aangebied, maar almal is welkom.
Ons funksioneer as 'n parallelle instelling tot wat studente in koshuise of op kampus teëkom. Verskeie groot en kleiner byeenkomste dwarsdeur die jaar lok honderde studente na elke geleentheid en bied vrugbare grond vir vriendskappe en die herwinning van kulturele kapitaal wat in die afgelope klomp jaar verlore gegaan het.

Groei in grootte en getal
In 2025 alleen het ons meer as agt sosiale geleenthede aangebied: sokkies en sportgeleenthede waar studente vrylik kan sosialiseer, in eie taal.
Hierdie geleenthede groei. Die lidmaatskap groei. Nou meer as 1 500 studente.
Ons bied konkrete, tasbare alternatiewe vir wat op kampus beheer, gereguleer en gedekulturaliseer is. Koshuisleiers nader selfs StudentePlein om alternatiewe geleenthede deur ons aan te bied, wetende dat dit sonder ons platform nie die amptenare se goedkeuring sou kry nie.
Dit is wat gebeur wanneer jy studente gee waarna hulle natuurlik hunker: kreatiewe vryheid, tradisie en gemeenskap.

Een van ons Opskop Sokkie-geleenthede
Wees deel van die verandering
Jou ondersteuning maak 'n werklike verskil. Word 'n skenker sodat ons meer en beter kan doen