StudentePlein hou eerste skemerkelkie vir lede
StudentePlein het vyf-en-twintig lede tydens 'n skemerkelkie op Huis Lucy se dak verwelkom. Die gesellige aand het toesprake oor Afrikaans in die akademie en die organisasie se rol ingesluit.
Bly ingelig met die nuutste opdaterings van StudentePlein
StudentePlein het vyf-en-twintig lede tydens 'n skemerkelkie op Huis Lucy se dak verwelkom. Die gesellige aand het toesprake oor Afrikaans in die akademie en die organisasie se rol ingesluit.
StudentePlein het met die Sentrum vir Studentegemeenskappe ooreengekom om taalklagtes in koshuise te ondersoek. Die SSG sal ondersoeke loods in Irene, Minerva, Huis Francie van Zijl en AmaMaties, en regstellings afdwing waar taalonderdrukking voorkom.
Die Uitvoerende Komitee van die US Senaat het fakulteite se versoeke goedgekeur om nuwe modules slegs in Engels aan te bied. Die besluit is geneem ondanks sterk teenstand van senaatslede, studente en gemeenskapsleiers.
StudentePlein is ernstig bekommerd dat die Universiteit Stellenbosch se bestuur steeds versuim om op te tree teen die onwettige afdwinging van Engels in verskeie koshuise. Minstens vyf koshuise dwing tans Engels af ten koste van Afrikaans.
StudentePlein is bekommerd dat die US-bestuur versuim om op te tree teen die onregmatige afdwing van Engels in koshuise. Studente is met boetes gedreig en uit verwelkomingsprogramme verwyder omdat hulle Afrikaans gepraat het.
StudentePlein-direkteur Frederik van Dyk het op 10 Maart met Waldimar Pelser op KykNet Verslag gesels. Hulle het die afdwinging van Engels by Matie-koshuise en die universiteit se taalbeleid bespreek.
Koshuisleiers by Minerva en Irene het eerstejaars verbied om Afrikaans te praat, selfs in private gesprekke. Studente word gedreig met verwydering uit aktiwiteite indien hulle nie Engels praat nie.
StudentePlein het klagtes ontvang dat studente in sekere koshuise verbied word om Afrikaans te praat, selfs in informele ruimtes. Die organisasie monitor die situasie en oorweeg verdere stappe.
StudentePlein se kantoor is gehuisves in die historiese Huis Lucy in Dorpstraat, Stellenbosch. Die gebou dateer uit 1814 en was die universiteit se eerste dameskoshuis.
Taal is die suurstof wat kultuur aan die lewe hou. Sonder taal sterf kulturele identiteit uit, soos die Patagoniese Afrikaners en Franse Hugenote bewys het.