
StudentePlein oorweeg regsaksie oor Khampepe-verslag
StudentePlein oorweeg regsaksie teen die Khampepe-kommissie se verslag wat Afrikaans meer as honderd keer noem in 'n ondersoek na beweerde rassisme. Die organisasie beweer die kommissie het buite sy mandaat opgetree.
